Strikfontein

Onafhanklik vervaardig
Speeltyd – 48min

Strikfontein vertel van ‘n aantal jongmense wat terugkeer na die ongemak van hul tuisdorp. Hier moet hulle die bravado van hul nuutgevonde volwassenheid teen die magte van die dorp opmeet. Die eerste semester van universiteit is verby en ‘n vakansie by die huis ontlok oudergewoontes en ou gevoelens. Eduan en Avianca se begrawe skoolverhouding word opnuut oopgekrap – die eerste van mengide geraamtes van hierdie groep vriende om uit die kas te ontsnap.