Hotel

Geskryf deur – Stiaan Smith & Bennie Fourie
Vervaardig deur – Nouvanaand films
Episodes – 13 x 24min

In die hartjie van Mpumalanga, in die klein dorpie van Fransenburg, staan Die Fransen hotel. Eens die dorp se sjarmantiese trots. Eens ‘n baken. Eens. Nou, skaars ‘n een uit vyf op Trip Advisor.  Hotel is ‘n nuwe Afrikaanse mokumentêr wat handel oor hoe ‘n middeljarige hotelbestuurder, Ferdie Kruger en sy kleindorpie personeel, spartel om die sub-standaard hotel se deure oop te hou. Die groter Lourier hotelgroep koop Die Fransen oor en stuur ‘n jong konsultant, Thomas van As, om die klein hotel op Lourier standaard te kry. Ferdie en Thomas se bestuursmetodes is uiters uiteenlopend en ons kyk en geniet hoe hiérdie twee dinge uit woed om hulle stempel op die hotel af te druk.

Die reeks kom uit die penne van Bennie Fourie (Vuil Wasgoed) en Stiaan Smith (Beurtkrag, Sy Klink Soos Lente). Fourie en Smith maak ook saam hul regie debuut met Hotel. Die komedie gee ‘n nadere kykie na wat in ‘n kleindorpie hotel aangaan, hoe die personeel met mekaar omgaan, maar hoofsaaklik hoe ‘n kleindorpie hotel…nie moet bestuur word nie.