Phil 101

Geskryf deur – Jakus Eloff
Vervaardig deur – Nouvanaand films
Episodes – 13 x 24min

PHIL 101 is ‘n vars nuwe komedie wat die doen en late van ‘n eens glorieryke Filosofie departement, by die Sentrale Universiteit van Suid-Afrika (SUSA), van nader af bekyk. Ons volg die storie van Phillip Coetzee, ‘n idealistiese, maar sosiaal onaangepaste jong professor wat aan die diepkant ingegooi word wanneer hy as die hoof van die departement Filosofie aangestel word. Hy moet vinnig leer hoe om sy “boekekennis” met “regtewêreldkennis” te vereenselwig, net om sy eksentrieke kollegas te kan bestuur. Dís dan om nie eers te praat van Phillip se antagonistiese baas, Dok Knipoog Knoetze, wat vas glo dat daar geen plek vir Filosofie in die moderne akademiese wêreld is nie. Die kersie op die koek is egter dat Phillip boonop ‘n huis met sy jonger broer, Roelf, moet deel. Roelf is ‘n loopbaan-student, tans besig met sy vierde kursus in drie jaar, en ‘n lewende herinnering van alles wat Phil nie is nie.