Sterlopers 1

Stats – info
Meer stats – info
Episodes – 13 x 24

Sterlopers ontbloot die opwindende versmelting van die twee sye van die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf – die swierige hoofwegte en die donker stegies – op die pad na roem.  Die storielyn onthul die temas van ontnugtering, verraad, hartstog en skandaal wat gepaard gaan met die wipplank-rit van die strewe na sukses.  Eg aan Deon Opperman se skryfstyl verken hierdie reeks die ambisies, komplekse verhoudings en soeke na identiteit waarvoor elk van die dinamiese karakters in hul afsonderlike segmente van die bedryf te staan kom.  Sterlopers word geklassifiseer as ‘n jeugdrama.  Nie net laat die aard van hierdie genre toe vir die bekendstelling van nuwe, jong talent nie, maar dit gee ook vir meer bekende kunstenaars die geleentheid om hul talent op ‘n splinternuwe platform ten toon te stel, want die reeks sluit die opvoer van bekende Afrikaanse liedjies in.  Sterlopers is boeiend, oorspronklik en vir grootsheid bestem!