Nouvanaand Films

Nouvanaand Films is ‘n film en televisie produksiehuis met die doel om uitstekende films en TV reekse vir die Suid Afrikaanse publiek te vervaardig. Die Nouvanaand span bestaan uit ‘n groep vervaardigers, skrywers, regisseurs, en redigeerders met die fokus om vars idees en wêreldklas formate na skerms te bring.

Nouvanaand het in 2011 begin met die onhahanklike produksie van Strikfontein. In 2012 maak ons Like My Profile vir kykNet se Silwerskermfees en in 2013, in samewerking met Bottom Line Produksies, het ons die jeugdrama Sterlopers geskep, skryf en vervaardig.

In 2013 werk ons post-produksiespan aan die historiese drama, Donkerland en dieewe epiese Bloedbroers in 2015. Later in dieselfde jaar het ons Buurtwag, ‘n drama-komedie gemaak en ook Sterlopers 2, Tempo Toekennings se TV reeks van die jaar.

Volgende was die mokumentêr Hotel gevolg deur die komedie Phil101. Tussendeur het ons nog ‘n kortfilm, Oom vir Silwerskermfees vervaardig, asook die satiriese en skreeusnaakse Jou Nuusminuut met Schalk Bezuidenhout.

Nouvanaand se eerste vollengte film Wonderlus premiere by Silwerskermfees 2017 tesame met nog ‘n kortfilm: Die Maan Val Bewusteloos, terwyl Hotel 2 en ‘n nuwe sitcom Mens Mense aan die rol is.

null

Scharl van der Merwe

Producer
null

Zandré Coetzer

Producer
null

Chanél Muller

Producer
null

Johan Cronje

Writer / Director / Editor
null

Regardt Botha

Editor

TOEKENNINGS

HOTEL

Nominasies

SAFTA 2017 – Best TV Comedy – Nouvanaand Films

SAFTA 2017 – Best Achievement in Directing – TV Comedy – Bennie Fourie & Stiaan Smith

SAFTA 2017 – Best Achievement in Post Production – Editing – TV Comedy – Johan Cronje

SAFTA 2017 – Best Achievement in Post Production – Sound Design – TV Comedy – Jozua Loots

SAFTA 2017 – Best Actor – TV Comedy – James Borthwick

Wen

SAFTA 2017 – Best Achievement in Scriptwriting – TV Comedy – Bennie Fourie & Stiaan Smith

SAFTA 2017 – Best Supporting Actor – TV Comedy – Graham Weir

BUURTWAG

Nominasies

SAFTA 2017 – Best Supporting Actor – TV Comedy – Deon Lotz

Huisgenoot Tempo-Toekennings 2016 – TV-Reeks van die Jaar: Drama, Sitkom

Huisgenoot Tempo-Toekennings 2016 – Akteur van die Jaar: Drama, Sitkom – Albert Maritz

Huisgenoot Tempo-Toekennings 2016 – Aktrise van die Jaar: Drama, Sitkom – Franci Swanepoel

ATKV Mediaveertjies 2016 – Beste draaiboek vir ʼn dramareeks of enkeldrama – Beer Adriaanse

ATKV Mediaveertjies 2016 – Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama – Beer Adriaanse

ATKV Mediaveertjies 2016 – Beste dramareeks of enkeldrama – Nouvanaand Films

BLOEDBROERS

Wen

SAFTA 2017 – Best Achievement in Post Production Editing – Johan Cronje

STERLOPERS 2

Wen

Huisgenoot Tempo-Toekennings 2016 – TV-Reeks van die Jaar: Drama, Sitkom